Gedig vir Carmi

 

Ja nee, die winter is hier
Hierdie snerpende koue maak my mal
Dis in tye soos die
Wat ek na jou nabyheid verlang

Die liefde wat jy uitstraal
Is die hitte wat my omvou
Jou liefde verdryf die koue winter
Jy is die rede vir die somer in my hart

Sit en staar deur die ruite
Bou drome oor ons toekoms
Vergete is al gister se hoekoms
Die wereld wag vir ons daar buite

Gee my jou hand
Saam sal ons die toekoms in stap
Vergeet van gister se mislukkings
Die toekoms wag, kom vat my hand

Sonneke Beeton

 

Your comments will be appreciated. Please take a few moments to submit them here

Please use the back-button on your browser to return to the submissions page, or click Home

 

 

Name

Comment

Date

Erna

Heerlik! Vars, ongekunsteld – LEKKER! Hier en daar kan jy dalk werk aan die ritme, om dit nog ‘n bietjie vlotter te laat vloei. Ek hou veral van die laaste reel – hy loop sommer glad: ta-TUM ta-TUM, ta-TUM ta-TUM. Soos ‘n lied.

2007-06-02

Theresa

Wonderlik.  Ek hou van die somer in jou hart teenstaande die werklike winter koue.  In my opinie is die gebruik van seisone fantasties, omdat dit vir my sinspeel op die feit dat die moeilike tye, net soos die seisoene verander of kan verander :).  Ek stem saam oor die ritme in die laaste vers - fantasties xxx

2007.07.02