Oupa
Ek staan hier verstom
wonder waar oupa se krag vandaan kom
Oupa, jou lewe lyk so vol
Ek voel skoon klein en dom
Die lewe borrel en bruis deur jou are.
Met 'n skynsel van grys in jou hare
het oupa die keuse gemaak
om jou lewe met vreugde vol te maak
Die lig in oupa se oë
vertel 'n storie van geluk en liefde
O oupa, jy het die vermoë
om my met jou verhale te fasineer
Oupa, ek het jou lief
aanvaar asseblief die gedig
spesiaal aan jou gerig
as my dankie vir jou liefde.
Sonneke Beeton
Your comments
will be appreciated. Please take a few moments to submit them here
Please use the back-button on your browser to return to the submissions
page, or click Home
|
Name |
Comment |
Date |
|
Erna |
Dis so
inspirerend, Sonneke! Ek het onlangs op die Oprah Show verneem: “Your
happiness is your gift to your children” – en, soos jou gedig uitwys, ook aan
jou kleinkinders. Ek hoop myne voel so oor my, eendag, soos jy oor jou oupa
voel. |
2007-10-20 |
|
Mandy |
Ek het jou
oupa al klaar lief. Kan ek hom met jou deel? Mooi geskryf! |
2007-10-27 |